Sunday, May 20, 2012

The Gondolier in Afrikaans

Unable to find a market for this translation, I've decided to post it here instead:


Die Gondolier


Die swart neus van my gondola sny glad en stilweg deur die kalm waters van die kanale. Die elegante tuig het my vir baie jare getrou gedien. Hy het passassiers onder die leidende hande van my voorouers deur die stad se waterweë gedra.

Die son sak weg oor die oeroue stad en die water word 'n donker lint tussen elegande sandsteengeboue. Ek neem 'n diepe asemteug van die koel aandluggie.

Is daar enige pragtiger plek as hierdie wonderlike stad van kanale? Soos wat die boot in sy ankerplek inbeweeg stop ek, en kyk ek met tevredenheid op na die naghemel bo Mars.

Die Einde

No comments: